Die Skriflesng vir vanogend 20 Mei se erediens is Johannes 14:15 tot 31 en verse 25 en 26 is die teksverse. Die tema vir vanoggend se erediens is “Goddelik-betroubare getuienis via onbetroubare getuies vir uiters kwesbare mense”
Die volledige preekskets vind u deur te klik op “Sketse” op die voorblad van ons webwerf.
Ons sing vanoggend Psalm 112:1,2 en 3(omdigting); Psalm 33:2,9 en 11; Psalm 32:3 en 5 en Skrifberyming 15-1:1,2 en 3.
Ons benut die internet deur al ons eredienste in oudio- of videoformaat beskikbaar te maak en u kan via ons webwerf inloer of inluister en dit dan terwyl die dienste plaasvind. Vorige dienste is ook op diê wyse beskikbaar.