Skip to content
Menu

Ons gemeente het Saterdagaand 19 Mei weer ‘n belofteveiling gehou. Dit behels dat lidmate goedere en dienste skenk wat dan opgeveil word en in Saterdag se geval deur ‘n opgeleide afslaer. Die fondse wat so ingesamel is, word deur die Inisiërings en Koördineringskommissie gebruik om die gemeenskap van die gelowiges te bevorder.

Hier is ‘n aantal foto’s wat die aand geneem is. Die predikant (dr Douw) was die belangrikste item op die veiling!!