Skip to content
Menu

Die Skriflesing vir vandag, 27 Mei, se Nagmaalerediens is Johannes 15:18 tot 16:4. Die hoofgedagte is :” Versorg met die Parakleet wat Christus gestuur het om te getuig, kan ek getuig”.

  • Rondom jou is daar baie wat nog tot die “wêreld” behoort
  • Getuig spesifiek, naamlik oor die Een deur Wie die Parakleet gestuur is
  • Word vervul met die Gees dan sal die Parakleet deur sowel jou woorde as dade getuig
  • Laat jou deur Jesus waarsku  dat daar teëstand sal wees maar volhard deur die Parakleet.

Die volledige preekskets vind u deur te klik op Sketse op ons voorblad.

Die nabetragting vind direk na die viering van die nagmaal plaas en vorm deel van die erediens.

Ons sing vanoggend Psalm 136:3,6 en 20; Psalm 51:2 en 6; Psalm 23:3; Psalm 116 (tydens bediening van die nagmaal) en Skrifberyming 18-7:1,3 en 10.

U is hartlik welkom om in die gees deel te neem aan hierdie heuglike oggend deur hieronder te klik op die driehoekie of op YouTube.

Soos die gewoonte by ons gemeente is, vervang die nabetragtingsgedeelte van die oggenddiens die normale aanddiens. Dus sal daar nie vanaand ‘n diens wees waar u kan inloer nie.