Skip to content
Menu

Vanoggend 3 Junie se Skriflesing is Johannes 16:5 tot 15 met die klem op vers 8. Die tema vir die erediens is: “Verkondig! Jesus het die Parakleet gestuur om die onomkeerbare om te keer”

  • Die onomkeerbare denke is oor “sonde” omgekeer.
  • Die onomkeerbare denke is oor “ongeregtigheid” omgekeer.
  • Die onomkeerbare is oor “oordeel” omgekeer.

U kan die volledige preekskets lees deur op “Sketse” op ons voorblad te klik.

Ons sing vanoggend vooraf Psalm 10:8 en 9 (omdigting) en dan onder die diens Psalm 46:4 en 6; Psalm 25:5 en 6 en Skrifberyming 1-1:6 en 7.

Onder die diens word br. Jean Oosthuizen as diaken bevestig.

Soos gewoonlik kan u die videoweergawe van ons erediens volg deur hieronder op die driehoekie of op YouTube te klik.