Skip to content
Menu

Die Skriflesing op 4 November  om 9.00 is 2 Petrus 3:1 -10 met die klem op vers 1.

Die tema vir die erediens is “…..om julle weer helder te laat dink”

Tydens hierdie erediens gaan ‘n aantal jong lidmate geleentheid kry om hulle geloof  voor God en die gemeente te bely.

U vind die liturgie vir die erediens en die preekskets deur op Sketse op ons voorblad te klik

Ons sing tydens die diens Psalm 84:3 en 6; Skrifberyming 12-3:1 en 2; Psalm 20:1, 2 , 4 en 5; Psalm 119:2 en 4 en na die diens Psalm 124:4

U kan die erediens saam met ons deel deur hieronder op die driehoekie of op YouTube te klik