Skip to content
Menu

Die Skriflesing op 11 November se erediens om 9.00 en as hoogtepunt van die diens is 2 Petrus 3:1 tot 18 en die tema is : “Gelowige pessimisme en optimisme bepaal die koers van my lewe”. Die klem val op 2 Petrus 3:13.
Die volledige preekskets vind u onder die skakel “Sketse” op ons voorblad.

Ons sing vanoggend Lied 592:1 en 2 vooraf; Psalm 148:1 en 5; Psalm 90:3 en 9 en Skrifberyming 7-2:1 en 2.

U word hartlik uitgenooi om deel te neem aan die erediens deur hieronder in te loer deur op die driehoekie of op YouTube te klik of u kan inluister deur op “Oudio” op ons voorblad te klik.