Skip to content
Menu

Vanaand 11 November om 18.00 se erediens sentreer om die Kersgebeure van meer as 2000 jaar gelede. Die Skriflesing is Lukas 1:5 tot 18 en Lukas 1:26 tot 38 met die klem op vers 35. Die tema is :“God spel uitdruklik die wonder van sy nuwe bedeling uit”.
Ons sing vanaand Psalm 72:10 en 11; Lied 354:1 en 4 en Lied 344:1, 2 en 3.
Die liturgie en Kersprogram vind u deur op Sketse op ons voorblad te klik.
Die Kersprogram bevat gemeentesang, Skriflesing deur twee kinders van ons gemeente en solosang deur die gaskunstenaar Pierrevan der Westhuizen.
Klik hieronder op die driehoekie of op YouTube om deel te hê van die erediens.