Vanoggend 30 Desember se tema vir die erediens is :“Neem in 2019 jou plek as binnekring-mens in” en word behandel aan die hand van Kolossense 3:18 tot 4:6. Die klem is op Kolossense 4 vers 2a en 5a.
- Buitestaanders en binnekring-mense moenie verwar word nie.
- Die binnekring-posisie is nie ‘n gemaksone geleë nie.
- Neem in gebed jou plek as binnekring-mens in.
- Neem met ‘n wyse lewenswandel, jou plek as binnekring-mens in.
U vind die volledige preekskets deur op ons voorblad op “Sketse” te klik.
Ons sing vanoggend Lied 231:1 en 3 (vooraf); Psalm 65:3 en 4: Psalm 25:2 en 4 (Omdigting) en Skrifberyming 10-2.
Ook vanoggend kan u deel hê aan die erediens deur hieronder in te loer : klik op die driehoekie of YouTube.