Die Skriflesing vir vanoggend 20 Januarie is Sagaria 1:1 tot 20 met die klem op vers 20. Die tema vir die erediens is : “Ek tel my kop op want ek sien die Here se vier ambagsmanne”
- Gelowiges wat net die vier horings sien, se koppe hang.
- Laat sien ons tog meer as veldslae wat gewen en verloor word.
- Die ambagsmaane doen spesifieke werk op ‘n spesifieke manier
U kan die volledige preekskets lees deur op ons voorblad op “Sketse” te klik.
Ons sing vanoggend Psalm 145:1,2 en 3 saam met Psalm 79:9; dan Psalm 40:2 en 5; Psalm 97:4, 6 en 7 en laastens Psalm 27:1,4 en 6.
U is, soos altyd, hartlik welkom om deel te hê aan die erediens by wyse van inskakeling in die video- of oudiouitsendings.