Die Skriflesing vir vandag 24 Februarie se erediens is 2 Tessalonisense 2:13 tot 17 met die klem op vers 13. Die tema is: “Uitverkiesing Helderheid oor wie ek is: God se eerste vrug.”
- God se eerste vrug : op pad, geborge, verander en heerlikheid.
- God se eerste vrug: die res van God se vrug in die oog.
U kan die volledige preekskets lees deur te klik op “Sketse” op ons voorblad.
Vanoggend se erediens is ook ons gemeente se geleentheid om nagmaal te vier.
Ons sing vanoggend Skrifberyming 1-2:1,2 en 3; Psalm 139:6 en 12; Psalm 23;1 en 2; Psalm 116 (tydens die viering) en Psalm 103: 9 en 10.
U kan ons erediens volg deur hieronder op die driehoekie of op YouTube te klik vir die videoweergawe of op “Oudio” op ons voorblad vir die klankweergawe.