Lees: 1 Timoteus 1:12-20
- Wat is die kern van die gedeelte?
- Is daar ‘n onderskeid tussen sondes wat opsetlik en sondes wat onopsetlik gedoen is? (vers 13) Vergelyk met Numeri 15:22-31. Maak dit Paulus se skuld kleiner?
- Wat behels dit dat die Here jou oorlaai met sy genade en met geloof en liefde? Hoe ervaar jy dit in die praktyk van jou daaglikse bestaan? (Vers 14)
- Wat beteken dit dat jy dit deel is in Christus/een is met Christus? (vers 14) Vergelyk met 1 Korintiërs 1:30.
- In die eerste eeu n.C. skryf Paulus vir Timoteus oor die betroubare Woord. In die tyd van vandag hoor ons dieselfde evangelie wat kragtig in vers 15 saamgevat word. Hoe spreek dit ons kultuur van nou aan? Wat is die uitdagings en weerstand in jou omgewing?
- Wat maak die Here oor Homself aan ons verder in die gedeelte bekend? Hoe leer ons die Vader, Seun en Heilige Gees uit die gedeelte ken?
- Wat is die waarde van die betroubare Woord? Hoe kan jy daarmee die goeie stryd stry? (vers 18)
- Dink jy jou lewe oefen ‘n invloed uit op ander mense? (kyk na vers 19) Indien jou lewe wel ‘n invloed het, watter soort invloed oefen dit uit?