Skip to content
Menu

Lees:   1 Timotheus 3:14-4:5                      

Teks:  1 Timotheus 3:16

EEN IN JESUS CHRISTUS

1.    Streef na eenheid

In die gemeente van Efese was eenheid ‘n groot probleem. Daar was verskillende strominge in die gemeente. Daarom kry Timotheus die opdrag om die saak te hanteer. In die huishouding van die Here moet daar orde wees. Almal moet weet hoe hulle hulle moet gedra. Van oud tot jonk is daar aanwesig. Die enigste manier hoe hulle een kan wees is deur Jesus Christus.

2.    Fokus op Jesus Christus

Paulus haal vir Timotheus ‘n lied aan. Die lied bestaan uit ses strofes. Dit staan in vers 16. Hierdie lied word genoem die geheim/misterie van die godsdiens. Dit is presies dit wat ons ook vandag aan mekaar bind. Deur saam te sing in die kerk bely ons saam ons geloof in die Here. Erken ons dat ons op dieselfde fondament Jesus Christus leef. Hy is die waarheid.

3.    Leef jou geloof uit

Ons opdrag is om vir die wêreld van hierdie misterie te vertel. Die geheim van ons godsdiens moet verkondig word. Daar is net een pad na ewige heerlikheid toe. Dit is Jesus Christus wat uit die dood uit opgestaan het. Die volke, alle mense, moet dit hoor, want as hulle nie hoor nie kan hulle nie glo nie. Mag ons gemeente een wees in ons diens aan ons Koning Jesus Christus.