Lees: Hebreërs 1:4-14
Belydenis: NGB artikel 10
Teks: Hebreërs 1:5
JESUS CHRISTUS VERHEWE BO DIE ENGELE
1. Jesus se Naam is groter as die engele sin
‘Hy is hoog bo die engele verhef, net soos wat Hy ‘n Naam geërf het wat uitnemender as hulle s’n is.’ (vers 4)
2. Jesus is die Seun – Engele is diensknegte
‘Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: “U is my Seun; vandag het Ek U gegenereer.’ (vers 5)
3. Jesus word aanbid – Engele aanbid Hom
‘Maar wanneer Hy die Eersgeborene weer in die wêreld inlei, sê Hy: En laat al die engele van God Hom aanbid.’ (vers 6)
4. Jesus sal ewig regeer – Engele sal ewig dien
‘Maar vir die Seun sê Hy: U troon, o God, is vir ewig en ewig, en die septer van geregtigheid is die septer van u koninkryk!’ (vers 8)
5. Jesus is die Skepper – Engele is skepsels
‘U het aan die begin, o Here, die aarde se fondamente gegrondves, en die hemele is die werk van u hande.’ (vers 10)