Lees: Johannes 3:1-8; 1 Korintiërs 12:1-11
Belydenis: NGB Artikel 11
DIE PERSOON VAN DIE HEILIGE GEES
Wie is die Heilige Gees? Kort en kragtig word dit in ons
geloofsbelydenis gestel: Ek glo in die Heilige Gees.
Hoekom so kort? Gee ons genoeg aandag aan die saak?
Hoekom is ons belydenis so kort oor die Heilige Gees?
Baie ander mense is van mening dat die Heilige Gees nie
genoeg ruimte in die Gereformeerde Kerke het nie. Maar
as jy mooi gaan kyk is dit ongegrond. Ons lewens is vol
van die Gees. Die Heilige Gees maak dat ons deel kry aan
Christus en aan al sy weldade.
DIE WERK VAN DIE HEILIGE GEES
Die werk van die Gees hou nou verband met sy Naam.
Die woord Gees beteken asem of wind. In die Grieks en
die Hebreeus word dit so vertaal. Toe Jesus in gesprek
was met Nikodemus in Johannes 3 verduidelik Hy dit.
Waar die Gees kom verander die wêreld. Hy laat dit nooit
onveranderd nie. In die lente bring Hy die landskap tot
lewe. Dan blaas God sy Gees oor die aarde. Wat dood
was begin weer lewe. Plante groei. Die heerlikste
lentegeur is in die lug. Mense kan plant, die lande
bewerk. Dit is die Gees wat maak dat dit groei. Waar Hy
waai kom alles wat dood was tot nuwe lewe. Ook in
mense wat van binne dood is. Hy bring lente in harte
van steen. Ongelowige mense word deur Hom tot
geloof gebring. Jesus Christus stuur die Heilige Gees om
geloof in die harte van mense te werk. Ons hier kry deel
aan Christus, deur die werke van die Heilige Gees.
DIE GAWES VAN DIE HEILIGE GEES
‘…aan die een word deur die Gees ’n woord van
wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis
vanweë dieselfde Gees; aan die ander weer geloof deur
dieselfde Gees, en aan ’n ander genadegawes van
gesondmaking deur dieselfde Gees; aan ‘n ander
werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ’n ander
onderskeiding van geeste, aan ’n ander allerhande tale,
aan ‘n ander uitleg van tale…’ (1 Korintiërs 12:7-11)
Die hoofdoel van die Heilige Gees is om mense tot geloof
te bring. Mense moet openlik bely: Jesus Christus is die
Here. Sonder die Heilige Gees het die evangelie in
niemand se harte ingang gevind het nie.
DIE VRUGTE VAN DIE HEILIGE GEES
Jakobus sê: ’n Geloof sonder werke is dood. ‘n Ware
geloof word uitgeleef. Hoe leef die Heilige Gees in jou
hart? ‘n Kind van die Here se lewe word deur die Gees
beheer. Iemand wat deur die Gees beheer word is
weergebore. Dit sal jy sien aan ‘n persoon se lewenstyl.
Dit sal duidelik word uit sy optrede. Die liefde wat jy van
die Here ontvangs al deur jou uitgeleef word. Die vrugte
van die Heilige Gees is immers prakties.
GESPREKSPUNTE
- Hoe reageer jy op die vraag: Is jy weergebore?
- Wat is die verskil tussen jou ou en nuwe lewe?
- Hoe word jy prakties daagliks deur die Heilige
Gees gelei? - Verlang jy daarna om vol van die Gees te wees?