Teks : Efesiërs 1: 11, 14, 18
Tema : Oor ‘n erfenis omvangryk – God te prys en te bid
‘n Inhoud van sy eie kan aan ‘n dag soos “Erfenisdag” – gekoppel aan die 24e September – gegee word. Maar die inhoud van géén erfenis kan ‘n vergelyking met die erfenis in die lig van Gods Woord deurstaan nie.
- Oor die erfenis van die gelowige deur God bepaal, is Hy teprys. Aan enige aardse erfenis kleef onsekerheid, maar die erfenis van Gods eiendom te wees, is nie hieraan onderhewig nie. Bo alle twyfel sal die volle erfenis as erfdeel in ontvangs geneem word. Dit staan vas in Jesus Christus, en hiervan is die Heilige Gees die waarborg. Hiervan is nie maar net kennis te neem nie. Inteendeel, hiervoor is God te prys!
- Die gelowiges se erfenis is omvangryk. Ons kan dit in ons beperktheid nie deurgrond nie, maar hiermee is nie te volstaan nie. Hieroor is te bid: dat die Gees ons sal help om ons erfenis beter te verstaan totdat ons die volheid van ons beloofde erfenis in ontvangs mag neem.