Skip to content
Menu

DIE EVANGELIE VAN DIE KLIPHOOP IN DIE DAL AGOR 

1.  Die HERE se heilige  toorn

Die kliphoop in Dal Agor moet die volk Israel van die Ou Testament, sowel as die kerk van Jesus Christus in die Nuwe Testament, blywend herinner aan die HERE se heilige toorn oor:•              die heidenstad Jerigo, wat met die banvloek getref is;•              die volk Israel, wat die verbond met God verbreek het;•              Agan, wat teen God se uitdruklike bevel van die bangoed gesteel het;•              Josua, wat die orde van sake omkeer deur vir die HERE te vra hoekom

2.  Die HERE se regverdige oordeel

In opdrag van die HERE moet Josua, die ampsdraer, uitwys wie die verbondsbreker in Israel is.  Josua kry verder opdrag om die HERE se regverdige oordeel oor Agan uit te spreek.  Verbondsbreuk word met verbondsoordeel gestraf.  Die hele volk Israel word betrek by die uitvoering van die oordeel.  Tug, die merkteken van die ware kerk (Artikel 29 NGB), is ’n saak van die gemeenskap van heiliges.   

3.  Die HERE se onverdiende genade

Agor beteken ongeluk.  Tog word Dal Agor om Christus wil in ’n dal van geluk omskep.  Daarvan profeteer Jesaja (65:10) en Hosea (2:14).  Christus dra die HERE se regverdige oordeel oor ons sonde, sodat die HERE se heilige toorn oor ons afgewend word.  Ons mag genade beleef.  Maar dan met ’n dringende opdrag:  daar mag nie met genade gemors word nie!