Psalm 121
‘Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.’
Ons hulp is in die Naam van die HERE
Hierdie week is die begin van ’n nuwe jaar. Die jaar 2021 is op die punt om aan te breek. ’n Nuwe jaar met nuwe dinge. ‘n Nuwe jaar wat ons van die Here af ontvang. Dit is ’n gawe uit sy hand. Met die oog hierop maak ons die Woord van die Here oop by Psalm 121. Daar het ons gelees: Ons hulp vandag is van die Here. Dieselfde Almagtige God waaroor hier gesing word. Dit is Hy wat ons beskerm deur alle tye heen. Dit is Hy wat ons bewaar. Hierdie woord bewaar kom ‘n aantal keer voor in die psalm. Dit is wat die psalm so uniek maak. Die Bewaarder laat jou voet nie wankel nie. Die Bewaarder sluimer of slaap nie. Die Bewaarder is die skaduwee aan jou regterhand. Hy bewaar jou vir elke onheil. Hy bewaar jou siel.
Hy die Beskermer van 2020
Die Here sal jou uitgang bewaar. Die jaar 2020 is verby. Hy is op sy einde. Ons kyk terug op ’n jaar wat afgesluit is. Hoe die Here ons in hierdie jaar bewaar het. Die jaar het daar baie dinge gebeur. Sleg sowel as goed. Vir die meeste van ons was die ‘n deurmekaar jaar wat ingekleur is deur die Covid-19 pandemie. Maar binne dit alles sien ons hoe die Here ons bewaar. In alles kan ons die hand van die Vader sien. Soos wat die Israeliete sing op pad na Jerusalem toe, waar hulle ’n gevaarlike pad volg, bely ons saam met hulle: Ons hulp is in die Naam van die Here.
Hy die Bewaarder van 2021
Die Here is ook die Bewaarder van ons ingang. Die lewenspad gaan aan. ’n Nuwe jaar. En by ’n nuwe jaar, hoort nuwejaarsvoornemens. Wat wil jy bereik? Wat wil ons as gemeente bereik? Dit is vir ons belangrik om reg te wees vir die nuwe jaar. Die Here plaas elkeen van ons hier in Pretoria, plaaslik in die gemeente van Waterkloofrand, met ’n doel. Hy gee elke dag vir ons krag, energie. Ons kry die opdrag om sy skepping te bewoon en te bewerk. Met ons gawes en talente. Met ons woorde en dade moet ons sy Woord verkondig. Daar waar ons gaan moet ons geken word aan ons christenskap.
Gesprekspunte
- Wat beteken dit vir jou dat die Here jou uitgang en ingang bewaar?
- Watter planne maak jy vir die nuwe jaar en hoe dit verband met wat jy in Psalm 121 gehoor het?
Ds. Gerben Meijer
meijer.gp@gmail.com