Maleagi 2:10-16 & 2 Korinthiërs 6:11-7:1
‘Want ons is die tempel van die lewende God – soos God gesê het: Ek sal onder hulle woon en saam met hulle wandel; Ek sal hulle God wees, en hulle sal my volk wees.’
DIE VERBONDSBREUK VAN DIE VERBONDSVOLK
In die tyd van Maleagi, gaan dit sleg met die geestelike toestand van die volk. Die liefde is maar min. Laas week het ons dit gesien by die dinge wat in die tempel gebeur het. Die priesters, die geestelike voorgangers, maak glad nie erns met hulle werk nie. Hulle bring die verkeerde offers vir die Here, hulle is korrup, hulle lewer slegte regspraak. Hulle lei die volk op die verkeerde pad. Nou is die volk op die verkeerde pad, want geestelik kom hulle te kort. Hulle is nie ernstig oor hulle geloof nie. Die simptome van geestelike afval is by hulle te sien. Daarom rig die Here sy Woord nou aan hulle. Maleagi skryf vir die gewone kerkvolk. Die Here vermaan sy volk omdat hulle ontrou is.
Die inhoud van die verbondsbreuk
Die vierde dialoog word begin met die vraag: Het ons nie almal een Vader nie? ’n Bekende vraag vandag nog. Dien ons nie maar almal die een en dieselfde God nie? Dien ons Hom nie maar net op verskillende maniere nie? Het een God ons nie geskape nie? Hierdie vrae vra die Here vir sy volk. Die Israeliete het begin dink dat dit reg is om die afgode te dien. Dit is net ’n ander manier om die Here te aanbid.
Dit kom deur die gemengde huwelike
Hierdie verkeerde gedagtegang kom omdat hulle met heidene trou. Die Here verbied dit ten sterkste. Reeds in die Ou Testament het Hy die volk Israel verbied om met heidene te trou. Want dan bring hulle vreemde afgode in die land. Paulus bevestig dit in 2 Korinthiërs 6 – ’n Gelowige kan nie met ’n ongelowige trou nie – ‘Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter vennootskap kan daar wees tussen reg en onreg? Of watter verbondenheid kan daar wees tussen lig en duisternis?’
Dit kom deur egskeiding
Ook kom verbondsbreuk deur egskeiding. Die volk vergeet wat die huwelik is. Die huwelik is ’n verbond tussen twee mense met God. Wat God saamgevoeg het mag geen mens skei nie. Wetties het hulle toegegee aan hulle eie begeertes, van hulle vrouens geskei, en met jonger vroue getrou. Waar die liefde vir die Here ontbreek, ontbreek die liefde onderling.
Ds. Gerben Meijer
meijer.gp@gmail.com
Liturgie
Ps. 92:1,2
Sb. 12-3:1,2
Ps. 38:1,3,8
Ps. 128:1,2
Ps. 128:3,4
Sb. 1-2:1,2,3