Skip to content
Menu

Mattheus 6:13-20  
HK Sondag 31

Ek sal vir jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee, en wat jy ook al op aarde toesluit, sal in die hemele toegesluit wees, en wat jy ook al op aarde vrylaat, sal in die hemele vrygelaat wees.

DIE KONINKRYK EN DIE SLEUTELS

Iemand staan voor ‘n toe deur. Sonder sleutels kan jy nie inkom nie. Ons sluit weer aan by die vlugtelinge van laasweek. As ‘n vlugteling in ‘n nuwe land kom, dan vind hy meestal so gou as moontlik uit hoe hy in hierdie land kan bly. Hoe hy toegang kan kry. Dit is ‘n spannende proses om toegang in ‘n land van vrede te kry. So iemand wend hom dan tot die instansies wat die sleutels in die hande het. Wat besluit wie kry verblyfreg en wie nie. Met ‘n vurige verlange wag hy om te sien of die deur na die nuwe veelbelowende land wettig sal oopgaan. As dit gebeur kan hulle met ‘n nuwe lewe begin. In Mattheus 16 praat Jesus van die sleutels van die Koninkryk van die hemele. Hierdie ryk is blykbaar toeganklik deur ‘n poort met slotte. Vir wie gaan die deur oop? Watter sleutels kan dit oopsluit? Wie hanteer die sleutels?

Die sleutels

‘n Sleutel. Wie die regte sleutel het kan inkom. Die kategismus praat van die sleutels van die Koninkryk van God. Sleutels wat die deur na die hemel oop maak. Wie het die mag om dit te doen? Watter sleutels het die krag daarvoor? Ons bely, op basis van die gedeelte uit Mattheus 16 dat dit die verkondiging van die evangelie en die kerklike tug is. Die twee sluit die Koninkryk van God oop of toe. Aangrypend dat Christus die sleutels van sy koninkryk aan iemand (Petrus) in sy gemeente toevertrou. Hy sê vir Petrus: ‘Ek sal vir jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee…’ Vandag word beide sleutels binne die kerk hanteer.

Die deur

Die deur na die hemel. Op die een kosyn staan geskryf sonde. Op die ander staan vergewing. Sonde en vergewing. Tussen hierdie twee kosyne hang die deur na die hemel. Dit raak die kern van die werk van Jesus Christus. Wie die koninkryk wil binnegaan moet hierdeur. Jy kom nie die hemel binne deur ‘n goeie lewe te leef of om met goeie werke genoeg punte te behaal nie. Die hemelryk bereik jy nie deur ‘n goeie geestelike lewe of ‘n onwankelbare vertroue nie. Wie die Koninkryk binnegaan, moet tussen die kosyne van sonde en vergewing deur. Net die Here kan ons hierdeur lei. Net Hy bring ons by die belydenis: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.”

Die ingang

Petrus het destyds die sleutels gebruik. Ons sien in die Woord hoe deure oopgemaak is. Mense van alle nasies, tale, lande en tradisies is in die volk van God verwelkom. Deur die poort van sonde en vergifnis. Kragtig werk die Here deur sy apostels en later deur sy gemeentes.

Ds. Gerben Meijer
meijer.gp@gmail.com