Skip to content
Menu

Daniël 10:1-11
Daniël 12  

‘En jy, gaan voort tot die einde! Jy sal rus en daarna opstaan vir jou bestemming aan die einde van die dae.’

DIE CHRISTEN SE BESTEMMING

Die dood is ‘n realiteit. Dit is nie iets waaroor ons graag praat nie en tog is dit onvermybaar. Die meeste van ons was al by ‘n oop graf. Waar ‘n oupa of ouma begrawe is. ‘n Broer of ‘n suster. ‘n Kind. ‘n Vriend of familielid. Reeds op jong leeftyd is dit aktueel in ons lewens. In besonders in die tyd van dood is die evangelie kragtig. Daardeur weet ons dat dit nie die bedoeling van die Here was nie. Hy het ons gemaak om te leef en nie om te sterf nie. Met sy evangelie troos Hy ons op hierdie oomblikke. Daardeur toon Hy vir ons aan, dat deur sy genade, die dood nie die einde vir die gelowige is nie. Dit hoor ons in Daniel 12. Dit kon ‘n deel van die Nuwe Testament wees. Jesus Christus word suiwer verkondig. Vers 2 sê – ‘En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe.’ Dit is wat die Here vir sy verbondsvolk bestem. Nie ‘n ewige dood nie, maar ewige lewe. Dit is ons bestemming. Daarheen is Daniel op sy ou dag oppad. Nou jare later mag ons ook volg. Die doel is vir oë.

Jy sal staan

In Daniel 10:11 staat daar: ‘Daniël, baie geliefde man, kry insig in die woorde wat ek met jou praat en staan op jou plek, want ek is nou na jou gestuur. En terwyl hy hierdie woorde met my praat, het ek bewend opgestaan.’ Daniel moet die opdrag hoor. Deur al die dinge wat hy gesien en beleef het, is dit nie maklik om staande te bly nie. Daniel 12:1 sê: ‘En in die laaste dae sal dit die ergste wees. Dit sal ‘n tyd van benoudheid wees, soos daar nog nooit was nie.’ In hierdie nood hoor ons die opdrag. Staan jy op jou staanplek. ‘En jy, gaan voort tot die einde!’

Jy sal rus

Die Here gee nie vir ons net ‘n donker beeld van die toekoms nie. Hy toon ook vir ons aan dat die lewe nie doodloop nie. As jy as gelowige hier op die aarde sterf, is dit nie die einde nie. Jy gaan slaap, jy gaan rus, sodat jy weer kan opstaan. Dit is die vooruitsig wat Daniel kry.  Dit is die hoop van christene. Dit is ons enigste hoop vandag. Hierdie hoop is bevestig in die werke van Jesus Christus.

Jy sal weer opstaan

Ons mag saam met Daniel die toekoms in kyk. Ongeag al die hartseer wat hier gebeur. Ongeag hoe ons met die dood gekonfronteer word, weet ons dat dit nie die einde is nie. Hoor: Jy sal weer opstaan tot jou bestemming. Alhoewel dit vir die toekoms geld, maak dit vandag al ‘n groot verskil. Hierin vind ons rus by God. Ons bestemming staan vas.

Ds. Gerben Meijer
meijer.gp@gmail.com