Prediker 2
‘Daar is niks beter vir die mens as dat hy eet en drink en sy keel laat geniet wat goed is vir sy inspanning nie. Ook dit het ek ingesien: Dit is uit die hand van God, want: “Wie kan eet en wie kan geniet sonder My?”
ONDER DIE SON –
UIT DIE HAND VAN DIE GOD
Wat gee vir jou vreugde in hierdie lewe? Dit is die volgende vraag wat Prediker aan die orde stel. In hoofstuk 1 het dit gegaan oor die saak: Waarvoor leef jy? Wat is die moeite werd? Wat is die groter doel van hierdie lewe? In hoofstuk 2 is daar ‘n wending. Prediker stel ondersoek in. Hy gaan kyk na die gewone lewe van elke dag? In watter dinge is daar plesier? Waarvan word ek gelukkig? Is daar enige blywende waarde in? En dan besef hy en ons vandag dat ook dit baie tydelik is. Die plesier wat hier op die aarde gebeur gaan in ‘n oogwink verby. Dit wat jou hier op die aarde bly maak, soos byvoorbeeld persente of vakansies, verskaf nie blywende vreugde nie. Daarom kyk ons vanoggend saam met Prediker na die saak. Die plesier van die lewe gaan verby. Ons vreugde kry ons nie in speelgoed of vakansies nie, ons ontvang dit uit die hand van God.
Plesier onder die son
Liewers gelukkig as ongelukkig. Liewers vreugde as hartseer. Dit is tog heerlik om vreugde en plesier in hierdie lewe te ervaar. En tog is dit so moeilik om dit te vind. Daar is soveel dinge waarin daar nie ware vreugde is nie. Net soos ons Westerse mense, is Prediker iemand met wie dit goed gaan. Hy hoef hom nie te bekommer of daar wel iets is om te eet vandag nie. Maar juis as jy alles het wat jy nodig het, kom jy gou agter dat jy nie eintlik plesier, vreugde het nie. Jy is nie eintlik so gelukkig nie. Prediker ken dit en daarom stel hy ondersoek in. ‘Ek het in my hart gesê: Kom, ek laat jou plesier uittoets. Geniet wat goed is!’ En dan kom daar ‘n hele lys van dinge wat hy gedoen het. Geld, drank, musiek, verhoudings, wysheid. Sy slotsom. ‘Maar ek het nagedink oor al die werk wat my hande verrig het, en die inspanning waarmee ek my afgesloof het om dit tot stand te bring. En kyk, alles was sinloos en ‘n gejaag na wind. Dit het geen voordeel ingehou onder die son nie.’ Plesier onder die son, buite God om – Sinloos.
Vreugde uit die hand van God
Die woorde van Prediker kom ooreen met die woorde van Jesus jare later. Aardse skatte bring geen blywende vreugde nie. Prediker het baie dinge uitgetoets. En nou daarna sê hy: soek jy ware vreugde, dit is nie hoe nie. Jou eie lewe maak, lewe vir geluk, dit lewer niks op nie. As jy vreugde wil vind moet jy by God wees. Dit word duidelik in vers 24 en 25. ‘Daar is niks beter vir die mens as dat hy eet en drink en sy keel laat geniet wat goed is vir sy inspanning nie. Ook dit het ek ingesien: Dit is uit die hand van God, want: “Wie kan eet en wie kan geniet sonder My?”
Ds. Gerben Meijer
meijer.gp@gmail.com