Skip to content
Menu

Johannes 1:1-14

‘Die ware lig wat elke mens verlig, was aan die kom na die wêreld.’

DIE KOMS VAN DIE WARE LIG NA DIE WÊRELD

In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. In die begin het God die hemel en die aarde geskape. Die kroon van die skepping was die mens, wat na die beeld van God geskape is. In Johannes 1:14 het ons gelees: ‘En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon’ Die Woord wat van die begin af is het mens geword. Die Woord is Jesus Christus en in die Johannes evangelie word interessante woorde gebruik om dit wat Hy doen uit te beeld. Daar word gepraat van lewe, lig en duisternis. Deur hierdie woorde maak God bekend wat Jesus hier op aarde kom doen. God staan in ’n verhouding met ons. Hy kommunikeer met ons met woorde. Deur Jesus Christus die Woord. By Hom is daar lewe in die lig. Hy oorwin die duisternis. Johannes die doper was die laaste profeet wat ons Verlosser Jesus Christus aangekondig het. In hierdie besondere hoofstuk vanuit Gods woord hoor ons die merkwaardigheid daarvan. Dit is ’n aanspreeklike teks. ’n Teks wat bepalend is vir die lewe van elkeen wat in God glo. Die evangelie van ons Here Jesus Christus.

Jesus Christus  is die ware lig

Johannes die doper is geroep om die ware lig aan te kondig. Die lig wat skyn in die duisternis. Maar wat word nou presies bedoel met die lig? Die waaragtige lig is Jesus Christus. Hy is die lig van die wêreld. Deur Hom word die duisternis en donkerheid oopgevlek.

Ons wandel in die ware  lig

In die brief van Johannes word daar uitgestippeld wat dit beteken om in die lig te wandel. Die teenoorgestelde daarvan is om in die duisternis te wandel. In die Johannes evangelie word daar ’n duidelike onderskeid gemaak tussen lig en duisternis. Deur te wandel in die lig leef jy anders in dié wêreld. Dan leef jy jou Goddelike roeping uit.

Ons getuig van die ware lig

In Mat 5:14 word gesê dat die apostels draers van die lig is. ‘Julle is die lig van die wêreld. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê kan nie weggesteek word nie.’ Hier is ’n oproep dat daar oor die evangelie gepraat word. Die evangelie bring lewe en hierdie boodskap moet verkondig word.

Ds. Gerben Meijer
meijer.gp@gmail.com