Skip to content
Menu

DIE VURIGE GEBED VAN DIE GELOWIGE

1.  Hiskia se gelowige gebed (v. 1-3)

Koning Hiskia het oor die twee-stammeryk van Israel regeer te midde van baie politieke onrus. In daardie dae het Hiskia dodelik siek geword. Op die punt het hy nog geen seun as troonopvolger gehad nie, en dit wou blyk of sy lewe en die van sy nageslag op ʼn einde kom. Daarom bid Hy tot God. Hy stort sy hart voor die HERE uit en bid in lyn met God se wil en God se beloftes.

2. Die HERE se genadige verhoring

Uit sy genade verhoor God Hiskia se gebed. Hy sal gee dat Hiskia gesond word, dat Hiskia Hom in die lewe nog sal aanbid, dat Hiskia nog vyftien jaar leef, en dat die Assiriërs voor hulle verdelg word. Dit alles doen God “ter wille van My en my kneg Dawid”. God verhoor Hiskia se gebed om sy beloftes in stand te hou. Uit Hiskia se nageslag moet Christus immers gebore word om ons van die sonde te verlos. Ons word self geroep om op grond van God se beloftes, vol van vertroue, vurig te bid.