Skip to content
Menu

Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s’n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word

In Johannes 9:2 vra Jesus se dissipels hom uit oor die rede waarom ‘n man wat hulle sien terwyl hulle stap blind is.  Hulle neem aan dat blindheid ‘n gevolg van sonde in die persoon se lewe is, maar omdat die man van geboorte af blind is, is hulle nie seker of dit sy eie sonde kan wees wat dit veroorsaak het nie.  Daarom vra hulle:  “Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s’n?” Uit die Here se antwoord blyk egter baie duidelik dat hulle vraag en die aanname wat hulle daarin maak verkeerd is. Die wonder van God se genade in Christus mag nie verruil word vir ‘n geloof dat goeie of slegte dinge noodwendig volg op hoe ‘n mens lewe of glo nie.