Daar is baie mense wat die Ou Testament en veral die Ou-Testamentiese priesterskap as heeltemal irrelevant beskou vir gelowiges wat vandag in Jesus Christus glo. Al die seremoniële wette is in Christus vervul. Daarby het Christus as dié volmaakte Hoëpriester gekom. Ons leer tog iets uit die priesters wat sonder gebrek gekies is. Hulle moes heilig wees. Vandag is alle gelowiges priesters van God deur die heiligheid van Jesus Christus.