Skip to content
Menu

Die regstreekse uitsending kan hier gevolg word

SKRIFLESING: Deuteronómium 29:1-29        TEKSVERSE: Deuteronómium 29:10-13          SING: Ps. 68:2,5; Ps. 89:6,11; Ps. 128:1,2,3

God gee vaders om voor te gaan in verbondverhouding

  1. Aktualiteit van “Vadersdag”:-
  • Ontstaan van “Vadersdag”.
  • Slag van Donkerhoek; Konsentrasiekampe; Ukraïne-Rusland Oorlog; 1976-Opstand – alles het te doen met vaderafwesigheid.
  • Huisgesin is ‘n vuurhoutjiedosie.
  1. Deuteronómium 29:-
  • In die Here se genade het Hy die volk na 40 jaar van rondswerwe tot by die Jordaan aan die Oostekant gebring.
  • Hulle klere het aan hulle nie verslyt nie, ewemin hulle skoene.
  • Die Here het hulle met buitengewone middele Sy volk in die lewe gehou.
  • Nou, voordat hulle die Beloofde Land binnegaan, hernu en bevestig God die verbond wat by Horeb gesluit is.
  • In die sluiting van hierdie verbond word die mans, die vaders, eerste gestel –
  • Netsoos met Adam (die eerste vader),
  • Netsoos met Abraham (die vader van die gelowiges),
  • Netsoos met Isak en Jakob (die aartsvaders).
  • Netsoos met die mans ná die versoening in die tyd van die Goue Kalf.
  • Is dit onregverdig teenoor die vroue?
  • In vandag se geslagtelike gelykheid, kan dit onregverdig beskou word.
  • Maar, dis hoe God dit beskik het! Aanvaar dit só!
  • 29:4 en 29.
  • Maar ook:- Deut, 29:18-20.
  1. Die vaders van vandag moet die gesin voorgaan…
  • In die geloof, die bekering, die gehoorsaamheid.
  • In die kerkbesoek en aanbidding van die Here.
  • In die belydenis van “Hy is jou God; en jy is Sy kind om Christus wil!
  • In die dankbaarheidslewe – omdat God al die gelowiges uit genade in Christus volkome gered het.
  1. Moeders en kinders – ondersteun julle mans en pa’s!
  • Maak die omstandighede só dat die vader van die huis nie ‘n afwesige vader wil wees nie!
  • Tong-in-die-kies:- Laat hom besluit hoe lang hy onder die bed wil wegkruip wanneeer jy met hom wil raas!
  • Staan hom by wanneer hy wil voorloop in die onderhouding van die Verbond wat God in genade met Sy volk gesluit het!