Lees: 2 Konings 18: 1-3; 13-22; 28-35; 19: 1-7 (1983-Vertaling), Efesiërs 6: 10-20 (1983-Vertaling)
Teks: 2 Konings 18: 19 en Efesiërs 6: 16
Sing: Psalm 18-1 : 1, 14; Psalm 51-1 : 6; Psalm 115-1 : 1, 6; Psalm 84-1 : 4, 6; Psalm 89-1: 3, 7;
Die regstreekse uitsending kan hier gevolg word.
Die Bose is aldeur daarop uit om godsvertroue – soos met ‘n “brandpyl” – in die hart te probeer tref. Die werklikheid hiervan spreek met koning Hiskia as voorbeeld in die tyd toe koning Sanherib van Assirië op die punt daarvan gestaan het om Jerusalem te beleër. Hiskia is geslepe met hierdie “brandpyl”-vraag geteiken: “Waarop berus hierdie vertroue van jou?” (2 Kon 18:19). Geen gelowige is van ‘n slinkse aanslag op godsvertroue gevrywaar nie. Hierin is die gelowige met geloof as skild (Ef 6:16) – in die wapenrusting wat God gee – nie weerloos gelaat nie. Bó die “groot koning van Assirië” (2 Kon 18:19), troon God as die ewige Koning in sy oppergesag. Toegerus met die geloof as skild … dan is die Bose se duiwelse bevraagtekening van godsvertroue … in hierdie gerigtheid op dié Koning van die konings af te weer: Ons vertroue berus op die Here ons God!