Skip to content
Menu

Lees: 2 Konings 19 : 8 – 28 (1983-Vertaling)

Teks: 2 Konings 19 : 14

Belydenis: Sondag 45: 116, 117

Sing: Psalm 46-1 : 1, 6; Psalm 9-1 : 5, 7; Psalm 25-1 : 1, 4; Psalm 31-1 : 5, 19;

Die regstreekse uitsending kan hier gevolg word.

Koning Hiskia tel onder verskeie voorbeelde in die Skrif wat by name met die gebed inmekaargeweef is. Nadat hy deur die koning van Assirië met hierdie vraag geteiken is: “Waarop berus hierdie vertroue van jou?” (2 Kon 18:19), volg hierop die aanslag op hom in briewe deur Sanherib aan Hiskia afgelewer. Vertroue op die Here is in hierdie briewe as ‘n bedrogspul afgemaak.

Hiskia het die briewe kinderlik-biddend voor die Here oopgesprei. Die inhoud van sy gebed wentel om die volgende drie punte:

  1. Die aanroeping van die enige ware God   – Kategismus antwoord 117:a-c
  2. In ootmoed smekend om redding gebid   – Kategismus antwoord 117: d,e
  3. Biddend in vertroue op God se verhoring – Kategismus antwoord 117: f,g

In kinderlike opsien na die Here, is altyd in godsvertroue te bid, want wié is daar newens Hom … op wie ons kan vertrou?