Skip to content
Menu

Die regstreekse uitsending kan hier gevolg word.

SKRIFLESING: 1 Thessalonisense 1:1-10 (1953)     FOKUS: 1 Thessalonisense 1:6      SING: Psalm 42:1, 2, 3; Psalm 119:11, 12, 13; Psalm 107:1, 10

Word ’n navolger van Christus en ’n voorbeeld vir ander

Paulus dank God vir die gemeente in Thessalonika omdat hulle die evangelie nie net met woorde gehoor het nie, maar dit met geloof en oortuiging ontvang het as die ware Woord van God. Hierdie Woord het nie in gemak en voorspoed gekom nie, maar “in baie verdrukking, met die blydskap van die Heilige Gees”. Hier sien ons die eerste punt, ware geloof begin waar God se Woord ontvang word met ’n hart wat oop is vir Christus – selfs al kos dit iets. Hierdie ontvangs bring innerlike blydskap, nie uit onsself nie, maar deur die werk van die Gees.

Die tweede punt is dat dié wat die Woord ontvang, self ’n voorbeeld word vir ander. Paulus sê hulle het “navolgers geword van ons en van die Here”, en hulle hele lewens het ’n getuienis geword vir ander gelowiges. In hul lyding, vreugde, volharding en geloof het hulle getoon wat dit beteken om werklik aan Christus te behoort. Só het hulle ’n tipe – ’n model – geword vir ander. Elke gelowige word geroep om God se Woord nie net te glo nie, maar uit te leef op ’n manier wat ander aanmoedig om ook Christus te volg.