SKRIFLESING: 2 Petrus 1:1 – 11 en Romeine 8:29,30
FOKUS: 2 Petrus 1: 10,11 (1933 – ’53 vertaling)
TEMA: Drie kerngedagtes:
- Die wortel van ons lewensboom
- Die vrugte aan ons lewensboom
- Die oes van die vrugte aan ons lewensboom
Preekskets:
- Die wortel van ons lewensboom
2 Petrus 1:10 roep ons op om ons roeping en verkiesing vas te maak. Romeine 8:29,30 stel dit kragtig. Ons kan dit noem die skakels van die ewigheid: verkiesing, roeping, vryspraak, verheerliking.
Dit is die wortel van ons lewensboom: die ewige verkiesing van God tot ewige saligheid.
- Die vrugte aan ons lewensboom. 2 Petrus 1:5 – 7 noem die vrugte aan ons lewensboom: deugsaamheid, kennis, selfbeheersing, volharding, godsvrug, broederliefde, naasteliefde.
Deur hierdie vrugte in jou lewe te dra maak jy die roeping en verkiesing van God in jou lewe vas. Deur hierdie geestesvrugte te dra wys jy dat God jou verkies en geroep het. Daardeur ontvang jy die sekerheid van die ewige lewe reeds in hierdie lewe.
- Die oes van die vrugte aan ons lewensboom
2 Petrus 1:11 praat van die ingang in die ewige koninkryk van God.
Wie in sy aardse lewe die geloofsvrugte van die roeping en verkiesing deur God in sy lewe gedra het word verwelkom in God se ewige koninkryk.
Maak jou roeping en verkiesing vas!