Skip to content
Menu

10 Augustus 2025 – Aand

Jesus het dikwels in gelykenisse geleer – dit is ‘n storie/gebeurtenis uit die alledaagse lewe wat ‘n geestelike waarheid illustreer. Die gelykenisse het ‘n belangrike funksie gehad: om iets geestelik te openbaar, maar om diè wie se harte verhard was, te oordeel.

Die gelykenis van die saaier is sekerlik een van die bekendste gelykenisse van ons Here Jesus. Die beeld was immer bekend in Palestina in hierdie tyd. ‘n Boer wat saai en hoop op ‘n gunstige oes sodat hy sy mense kan onderhou. Wat hierdie gelykenis egter verrassend maak, is die feit dat die opbrengs in die goeie grond so hoog, buitengewoon hoog was.

In die gelykenis vind ons drie tipes onvrugbare grond. Grond verteenwoordig die hart van die mens – as’t ware die ‘saadbedding’ waarop gesaai word. Die saad verteenwoordig die Woord van God.

Daar word gesaai op die pad, op die klipbanke en tussen onkruid. Telkens is daar ‘n ander reaksie op die Woord. Dit is egter wanneer die Woord (saad) gesaai word op goeie, vrugbare grond, waar daar positiewe reaksie is. God leer dat waar Hy saai – die opbrengs nie net goed is nie, maar buitengewoon goed.