Skip to content
Menu

Filemon was ‘n vermoënde man en ‘n leiersfiguur in die gemeente in Kolosse. ‘n Man van liefde en geloof. Hy het ‘n slaaf gehad met die naam van Onesimus – wat van hom gesteel het en weggehardloop het na Rome om in die massas te gaan verdwyn. In Rome kruis sy pad met Paulus. Deur die bediening van die evangelie kom Onesimus tot bekering, en word ‘n instrument in die koninkryk van God.

So eg is sy bekering, dat Paulus selfs noem dat hy hom graag by hom sou wou hou. Hy wat vroeër nutteloos was, is nou nuttig (Onesimus beteken letterlik: nuttig). Tog stuur hy nou vir Onesimus terug met hierdie brief – omdat daar eers reggemaak moet word wat verbrou is.

Hy skryf ‘n aangrypende, taktvolle en besondere diplomatiese brief wat die kern van die evangelie uitstippel.

Kortom is sy pleidooi aan Filemon dat die bloedband van Christus se offer gelowiges aanmekaar bind, dat daar niks is wat broers en susters in die geloof van mekaar kan skei as hulle verbind is aan God, hulle Vader nie. God gebruik hierdie gebeure om die kerk iets te leer oor versoening en diensbaarheid.

Ons hoofpunte is:

1) Die agtergrond van die gebeure

2) Die versoek wat sentreer rondom Onesimus

3) Die band wat gelowiges aanmekaar bind.

  Ontmoetingsdiens1. Votum en Seëngroet 
2. Psalm 133:1 en 2
  Versoenings-en verootmoedigingsdiens   
 
6. Gebed om die verligting van die Gees (Epiklese) 
    Woorddiens  
7. Psalm 103:1 en 3
8. SkriflesingFilemon
9. Belydenis 
10. FokusverseFilemon vers 1 tot 3 en 15 en 16
 11. Psalm 62:1,4 en 8
Liturgiese formuliere (Doop/Nagmaal/Bevestiging ens)12.  
  Antwoorddiens 
13.  
13. Gebed 
Kollekte
14. Psalm 138:1 en 4
15. Wegstuurseën