Skip to content
Menu

Ons leef in ‘n tyd waar aanbidding dikwels oor gevoel, musiek en ervaring gaan eerder as oor gehoorsaamheid aan God. Mega-kerke groei, mense sê hulle “dien die Here op hul eie manier”, maar die Gereformeerde kerk word as oudmodies afgemaak. Tog vra die Here nie vir ons styl nie — Hy vra vir getrouheid.

Soos in die dae van die Rigters doen elkeen wat reg is in sy eie oë. Elimeleg het tydens hongersnood besluit om Betlehem, die “Huis van Brood”, te verlaat en na Moab te trek — ‘n daad van ongeloof. Hy het sy naam, “My God is koning”, verloën en self koning geword van sy lewe. Hy wou sorg vir homself, eerder as om op God te vertrou.

Naomi het in Moab vertoef. Haar kort besoek het ‘n verblyf van tien jaar geword. Toe haar man en seuns sterf, keer sy terug — nie uit bekering nie, maar uit nood. Verbitterd beskuldig sy God en wens selfs vir haar skoondogters rus toe in die heidense Moab. Haar geloof het verdof.

Maar Rut — die heidense vrou — het in geloof gekies om saam met Naomi na Betlehem te gaan. Sy bely: “U volk is my volk, u God is my God.” Deur God se genade word Rut deel van sy volk, en uit haar nageslag kom Jesus Christus, die ware Brood van die lewe.

Die verhaal stel elkeen van ons voor drie gesindhede:
Elimeleg, wat God se voorsienigheid wantrou;
Naomi, wat kla en verskuif volgens omstandighede;
en Rut, wat met vaste geloof die Here volg, ongeag koste. Waar vertoef jy? In Moab se gemak, of in Betlehem by die Gewer van Brood?
Mag die Here ons geloof versterk om, soos Rut, te vertoef by Hom wat sê: “Ek is die Brood van die lewe.”

    Ontmoetingsdiens1. Votum en Seëngroet 
2. Psalm 90:1,2 en 9
3. GeloofsbelydenisApostolies
  Versoenings-en verootmoedigingsdiens  
4. Die Wet van die HereEksodus 20 (2020)
5. Psalm 6:1, en 7
6. Gebed om die verligting van die Gees (Epiklese) 
    Woorddiens  
7. Psalm 65:1 en 6  
8. SkriflesingRut 1
9. Belydenis
10. FokusverseRut 1:1 en 16
 11.
Liturgiese formuliere (Doop/Nagmaal/Bevestiging ens)12.  
  Antwoorddiens13. Psalm 84:1,2 en 3
 
14. Gebed 
Kollekte
14. Psalm 34:1,3
15. Wegstuurseën