Handelinge 20:1-16
HK Sondag 21 v/a 54
Tema: Die HERE onderhou in sy soewereiniteit sy kerk!
Die Skrif leer ons dat die Here altyd sy kerk sal bewaar. Ons weet dat God van die begin van tyd, tot die einde daarvan; gelowiges uit elke geslag sal roep en bewaar.
‘n Vraag wat tog van tyd tot tyd opkom is: HOE onderhou die Here sy kerk? Ons vra dit veral wanneer lidmaattalle krimp en middele min raak. In die GKSA het ons juis die laaste ruk besin oor geld wat min is en gawes wat kwyn. En dikwels – as jy nie pasop nie; kan jy verstrik raak in ‘n koorsagtige skuiwe om dinge te probeer beredder.
Dikwels word daar parallel met hierdie vraag gevra – hoe bly die kerk relevant? Want as ons na die koerantberigte kyk oor die sake waaroor gemeentes worstel (en met mekaar stry!) dan kan dit dikwels lyk of die kerk haar met beuselagtighede besighou.
En daarom leer die Here ons as’t ware om terug te gaan na die begin: Wie HY is, HOE Hy die kerk byeenroep, en hoe HY die kerk onderhou.
Dit doen Hy deur sy Woord en Gees, Hy gebruik doodgewone dinge: die prediking van die Woord en die gemeenskap van gelowiges.
Die HERE regeer sy kerk enduit en volvoer die werke van sy hande.
1. ‘n Lang Sondagaand
2. Woord vs. Wonderwerke
3. Waarop behoort die fokus te val?
Ds. Jan-Louis Lee
janlouis@scriptura.co.za