Nadat die volk uit Balingskap teruggekeer het, het hulle aanvanklik baie ywerig die tempel begin herstel. Maar vinnig verdwyn die aanvanklike euforie en optimisme soos mis voor die son soos Juda weer begin om hulle lewens te herbou.
Gou vergeet hulle van God.
Gou bied hulle verskoning op verskoning aan om nie die tempel te herstel nie. Die populêre opinie van die volk is ‘dat die tyd nie nou ryp is om die bouwerk te voltooi nie’.
Gou gaan hulle houtgerus aan met hulle eie dinge.
En in ons Skrifgedeelte vermaan die Here sy volk dan indringend. Geen verskoning vir ontrouheid is eintlik ‘n goeie verskoning nie.
Ons hoor hierdie boodskap vanuit Haggai 1 aan die hand van die volgende hoofpunte:
- Die ontrouheid van Juda
- God haat ontrouheid
- God is genadig.