Skip to content
Menu

“Silo” se vervulling in die seën vir Juda tot Koningskap”

Hierby is elke gelowige onder Jakob se seën vir Juda ingesluit: uit genade met koningskap beklee. Hiervan is geen gelowige onder hierdie seën uitgesluit nie: die roeping tot inkleding van koningskap waarmee uit genade beklee. Dit vloei voort uit Juda se bekleding met en inkleding van koningskap. In die Juda-seën klink profeties ‘n lofprysing op met “Silo” wat in die koms van die Messias-Koning bewaarheid is. In die verbintenis met Christus deur die geloof, is elke gelowige met koningskap

beklee. Dit lê ten grondslag daaraan om koninklik met die seën tot koningskap om te gaan (vgl. HK 12:32 – “Waarom word jy ‘n Christen genoem?”). In die seën vir Juda, weerklink reeds lof tot eer van Christus in sy Koningskap. Hiertoe is gelowiges geroepenes: om hul koningskap – waarmee uit genade beklee – in aanklank by lof aan dié Koning van die konings in te klee.