Skip to content
Menu

In Genesis 1 lees ons van God se skeppingswerk en hoe Hy die mens met kosbare sorg gemaak het. Die mens is die kroon van God se skepping, die belangrikste van al Sy skepsels.

Ons sien dit veral in vers 27, waar die woord “skep” drie keer gebruik word – ‘n teken van die uniekheid van die mens.

Ons is gemaak na die beeld van God, wat beteken dat ons geskape is in:

  • Ware kennis – Adam het suiwer kennis van God en sy skepping gehad.
  • Geregtigheid – Hy het in volkome harmonie met God se wil gelewe.
  • Heiligheid – Hy was innerlik rein en aan God toegewy.

Boonop is ons as beelddraers van God aangestel om oor die skepping te heers en dit te versorg. Dit is ‘n groot verantwoordelikheid wat vandag nog geld.

Die Bybel is duidelik: alles wat God gemaak het, was “baie goed” (Gen. 1:31). Daar was geen fout in Sy skepping nie. Die herhaling van “goed” in Genesis 1 beklemtoon die volmaaktheid van Sy werk.

Tog sien ons vandag soveel gebrokenheid en boosheid in die wêreld. Dit bring ons by die vraag: Is God verantwoordelik vir ons verdorwe natuur? Die antwoord is ‘n duidelike “Nee.” Die mens is oorspronklik goed en regverdig geskape, maar iets het verander…

Deur Jesus Christus en die werk van die Heilige Gees word ons vernuwe en herskep na die beeld van God. Die sondeval het die beeld geskend, maar Christus herstel dit deur Sy verlossing.

  Ontmoetingsdiens1. Votum en Seëngroet 
2. Psalm 8:1,2,3 en 4
  Versoenings-en verootmoedigingsdiens   
 
6. Gebed om die verligting van die Gees (Epiklese) 
    Woorddiens  
7. Psalm 96:1,2 en 3
8. SkriflesingGenesis 1:26-2:3
9. BelydenisHK Sondag 3
10. FokusverseGenesis 1:27&31
 11.
Liturgiese formuliere (Doop/Nagmaal/Bevestiging ens)12.  
  Antwoorddiens 
13. Psalm 110:1,3,5* (Psalm 11-melodie asb)
13. Gebed 
Kollekte
14. Psalm 122:1 en 2
15. Wegstuurseën