Skip to content
Menu

Met hierdie tweede spreuk is Jesus besig om ‘n volgende aspek van die gelowige koninkryksburger se karakter vir ons te teken. Op die fondament van afhanklikheid (om arm van gees te wees), word die eerste baksteen geplaas: om te treur oor jou sonde en ellende.  

Diegene wat hulle geestelike bankrotskap besef, en besef hoe diep afhanklik die mens van God is, kom daarmee onder die indruk van die berou wat in ons moet leef oor ons sonde.

Dit volg mooi logies op die vorige spreuk: die gelowige wat besef hoe swaar sy sonde en ellende is, treur daaroor omdat dit God vertoorn.  Dit moet egter opregte berou wees – en nie krokodiltrane van skynheiligheid nie.

‘n Opregte berou oor ons sonde lei verder nie tot afstand tussen die gelowige en God nie, maar tot versoening in die wete dat daar volkome betaal is vir die onnoembaar grote skuld wat ons voor God het. 

‘n Opregte berou is nie ‘n doel opsigself nie en lei dan tot die wonderlike troos waarin die gelowige kan rus: die voltooide werk van Christus aan die kruis.  Dit bring berusting en vrede, dit oorbrug die afstand tussen God en mens en eindelik word dit weer begrond in die eerste spreuk: om deur jou salige afhanklikheid van jou Hemelse Vader oorweldig te word.

Daarom is ‘n gelowige dankbaar om te kan bely: Salig is ek, wanneer ek treur, want Christus sal my vertroos.

    Ontmoetingsdiens1. Votum en Seëngroet 
2. Psalm 34:1,4 en 8
3. GeloofsbelydenisApostolies
  Versoenings-en verootmoedigingsdiens  
4. Die Wet van die HereEksodus 20 (1953)
5. Psalm 28:1,2,3,8
6. Gebed om die verligting van die Gees (Epiklese) 
    Woorddiens  
7. Psalm 30:1,3 en 4
8. SkriflesingMatteus 5:3-12 Lukas 6:21&24 2 Korintiërs 7:2-10
9. Belydenis
10. FokusverseMatteus 5:3 Lukas 6:24 2 Korintiërs 7:10
  
Liturgiese formuliere (Doop/Nagmaal/Bevestiging ens)11.  
  Antwoorddiens 
12. Psalm 137:1,2,3 en 4
13. Gebed 
Kollekte
14. Psalm 43:1,3 en 5
15. Wegstuurseën