Op Goeie Vrydag sak die duisternis letterlik en simbolies oor Jesus. Reeds van sy arrestasie in Getsemane begin die geestelike donkerte insypel, en dit verdiep deur die verraad van Judas, die verlatenheid ingebed, en die verhoor deur die Sanhedrin. Die druk van Getsemane (wat “olyfdrukpers” beteken)simboliseer die intense geestelike en emosionele spanning waaronder Jesus was.Die kruisiging self is die kulminasie van vernedering en pyn. Die Romeinse metode van teregstelling wasdoelbewus wreed, en Jesus se lyding was fisies, emosioneel en geestelik uitputtend.
Die dramatieseduisternis wat van die sesde tot die negende uur heers, dui op meer as bloot ’n atmosferiese verskynsel – dit is God se oordeel wat op Christus neerdaal. In daardie donker oomblik roep Jesus uit: “My God, my God, waarom het U My verlaat?” (Matteus 27:46).Hierdie woorde, wat uit Psalm 22 kom, dra nie net wanhoop nie, maar ook hoop. Die hele psalm vertelvan lyding, maar eindig in lof en verlossing. Jesus roep hierdie woorde uit met die volle wete van diekomende oorwinning.Die kruis eindig nie in die graf nie. Daar is hoop — die opstanding breek aan, en met dit word ons ookingesluit in die nuwe dag van verlossing. Uit die donker kom lewe. Christus is verlaat sodat ons nooit hoef te wees nie.