Skip to content
Menu

bekende psalms nie. Dit is ‘n aangrypende bedevaartslied wat die gemoedstoestand van die volk beskryf nadat hulle deur Kores uit ballingskap bevry is: “Dit was vir ons soos ‘n blye droom”.

Tog was daar in die beloofde land ‘n hele rits uitdagings, want die ballinge wat terugkeer, keer terug na die bouval wat deur Nebukadnesar vir hulle daar agtergelaat is. Die stadsmuur lê afgebreek tot op die grond, en stel hulle dus bloot aan hulle vyande. Die tempel is ‘n ruïne en die res van die stad lê in puin.

Daar is baie werk om te doen en skielik verdamp die euforie en blydskap. Nou moet hulle wérk, en met die geringste aanduiding dat hulle in die lande ploeg, die tempel herstel of die muur wil bou, val hulle vyande hulle aan. Dit veroorsaak ‘n teneergedruktheid en moedeloosheid. Maar dan wend die volk hulle tot God. Met die sekerheid van dit wat Hy in die geskiedenis van die volk gedoen het, het hulle volle vrymoedigheid en sekerheid dat Hy weer groot dinge in hulle toekoms sal doen. Dit is as’t ware die waarborg vir ‘n gunstige en rooskleurige toekoms.

Psalm 126 leer ons dat ons pad as gelowiges nie maklik is nie; tog nie onmoontlik nie.

Ons leer van:

1) Die vreugde van die verlede

2) Die hartseer van die hede

3) Die troos in die hoop op die toekoms.