Skip to content
Menu

Die hart is ‘n lewensnoodsaaklike orgaan: indien die hart groot of permanente skade kry, is lewe nie meer moontlik nie.  Soos die hart dan die sentrum van die fisiese bestaan is, word die hart in hierdie spreuk vereenselwig met die sentrum van die mens se geestelike bestaan.  Dit gaan in die besonder in die sesde spreuk oor die reinheid van die hart.

Reinheid word eerstens verbind met ‘n uiterlike daad.  Om gereinig te wees van buite af: dus, om skoongewas te word (Psalm 51) en om sonder die smet van besoedeling of vuilheid te wees.  Tweedens verwys dit na ‘n nuwe leefstyl, skoon en eerbaar, gemik op die eer van die Here.

Wanneer Dawid dan vra vir ‘n rein hart, besef hy daarmee dat dit iets is wat hy nie self kan skep nie, omdat selfs sy beste dade ver en ernstig kortkom aan God se vereistes.  Hy besef dat dit net God is, wat so iets uit NIKS uit, kan skep.  Dit is daarom in opregtheid en volle aanbidding dat hy in gebed voor die Here neerval en vra dat die Here sy lewe, sy hart, sy wese sal herskep.

Psalm 51 sing dan sonder enige twyfel van Christus wat sal herskep en omvorm tot die beeld van God.

Reinheid beteken egter nie ‘perfektheid’ of ‘sondeloosheid’ nie. Dat die mens in hierdie lewe nog groot sonde kan doen, selfs al is hulle gelowiges – dit is ‘n feit. Reinheid is dus ‘n lewensproses, om elke dag opnuut te begin waar ek gister geëindig het, met my hart en siel gerig op God.

    Ontmoetingsdiens1. Votum en Seëngroet 
2. Psalm 100:1-4
3. GeloofsbelydenisApostolies
  Versoenings-en verootmoedigingsdiens    
4. Die Wet van die HereEksodus 20 (1953)
5. Psalm 51:1 en 8
6. Gebed om die verligting van die Gees (Epiklese) 
    Woorddiens  
7. Psalm 18:10 en 12
8. SkriflesingMatteus 5:3-12 Psalm 51
9. Belydenis
10. FokusverseMatteus 5:8 Psalm 51:9-12
TemaSkep in my ‘n rein hart, o God!
Liturgiese formuliere (Doop/Nagmaal/Bevestiging ens)11.  
  Antwoorddiens 
12. Psalm 119:4 en 16
13. Gebed 
Kollekte
14. Psalm 33:6, 8 en 11
15. Wegstuurseën