Skip to content
Menu

In die tuin van Eden het alles verander. Die mens, geskep na God se beeld, het geval. Die verhouding met God is verbreek, en sedertdien word elke mens in sonde gebore. Ons natuur is so verdorwe dat ons nie uit onsself na God kan terugkeer nie. En omdat God regverdig is, móét sonde gestraf word. Iemand moes betaal – maar geen mens kan die las van God se toorn dra nie.

Daarom het God, in sy genade, sy Seun gestuur. Jesus Christus het as Middelaar gekom om vir sondes te betaal. In Hom is daar verlossing. Dit is die hart van die evangelie.

Maar hier kom die skerp vraag: kry almal outomaties deel aan hierdie verlossing? Soos ons almal in Adam geval het – word almal dan in Christus gered?

Die Skrif antwoord duidelik: nee.

Hebreërs leer ons dat geloof onmisbaar is. Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag. Christus se verlossing is genoegsaam vir almal, maar dit word net effektief in dié wat glo. Nie almal behoort aan Christus soos hulle aan Adam behoort nie. Net dié wat deur ’n ware geloof aan Hom verbind is, deel in sy weldade.

Wat is so ’n ware geloof?

Dit is meer as net om te weet God bestaan. Selfs die duiwels weet dit. En dit is ook nie net ’n vae vertroue sonder inhoud nie. Ware geloof is beide kennis én vertroue: om God werklik te ken soos Hy Hom in sy Woord openbaar, en om vas te glo dat sy beloftes ook vir my geld.

Dit beteken: ek glo nie net dat Christus vir sondes gesterf het nie – ek glo Hy het vir my sondes gesterf.

Geloof kyk verder as wat ons sien. Dit hou vas, selfs wanneer omstandighede wankel. Dit rus op God se beloftes – nou en vir die toekoms.

Daarom is die oproep eenvoudig en dringend: glo in die Here Jesus.

Want net deur ’n ware geloof kry ons deel aan alles wat Hy verdien het.

  Ontmoetingsdiens1. Votum en Seëngroet 
2. Psalm 42:1, 5
  Versoenings-en verootmoedigingsdiens   
 
6. Gebed om die verligting van die Gees (Epiklese) 
    Woorddiens  
7. Psalm 75:1,2 en 4
8. SkriflesingHebreërs 11:1-13
9. BelydenisHK Sondag 7
10. FokusverseHebreërs 11:1 en 6
TEMAChristus se weldade kom alleen hulle met ‘n ware geloof toe
Liturgiese formuliere (Doop/Nagmaal/Bevestiging ens)12.  
  Antwoorddiens 
13. Psalm 90:5 en 9
13. Gebed 
Kollekte
14. Psalm 48:1 en 4  
15. Wegstuurseën