Skip to content
Menu

Met die tweede groep spreuke, het Jesus begin om die tipiese karaktereienskappe van die koninkryksburgers  ten opsigte van hulle naastes uit te bou. 

Na barmhartigheid volg reinheid en die gevolg daarvan is die ywerige soeke na vrede met jou naaste.  ‘n Belangrike karaktertrek van ‘n burger van die koninkryk is dat hy/sy ‘n vredemaker sal wees.  Vrede in God se huisgesin is van kardinale belang!

Teen hierdie agtergrond sien ons hoedat die onvrede in

Korinte gedreig het om die gemeente uitmekaar te

skeur: gelowiges het mekaar voor die hof gesleep en intense bakleierye met mekaar gehad.  Van eenheid en vrede was daar dus geen sprake nie. 

Die ondenkbare het gebeur: gelowiges het langs mekaar in die kerkbanke ingeskuif om en van die versoening in Christus gehoor; en by die kerkdeur uitgestap en mekaar in die openbaar tot skande gemaak.

Die Here roep hulle dan op: om in hulle hantering van onenigheid en konflik altyd sy eer te soek.  Daarop volg vrede.  Waar die Gees van die Here werksaam is; daar is vrede.   Geen saak is so onhanteerbaar dat nie selfs die geringste in die gemeente se midde sinvol daaroor sou kon oordeel nie. Geen saak is groot genoeg om gelowiges te verdeel en te vervreem nie.  Vrede en saligheid volg dus waar hierdie dinge met God se eer in gedagte besleg word