Preekskets:
Die mens is van nature ‘n beeldaanbidder.
Stap deur die pilaargange van die Vatikaan, en jy sien beeldaanbidding oor eeue heen. Beelde van die vroegste Egiptiese, Skandinawiese, Griekse en Romeinse gode word doodgewoon opgevolg deur beelde van mense uit die Ou- en Nuwe Testamentiese tyd.
En – verskeie beelde van Christus!
Die weglating van die tweede gebod in sekere kerke is skreiend!
Die Gereformeerde Kerke neem hieroor sterk standpunt in – Beeldediens is Afgodsdiens!
Ek en jy aanbid seker dan nie ‘n beeld nie… of hoe?
Maar maak ons werklik erns daarmee om voortdurend gelykvormig te word aan die Beeld van Christus?
- Votum en Seen
- Sing Ps. 148: 1, 4 en 5 (wysie van Joh de Heer)
- Sing: Sb. 72/12-3: 1 en 2
- Die Wet van die Here (Eksodus 20) AFR2020
- Sing Ps. 81: 9, 10 11 en 12
- Gebed
- Sing Ps. 61: 1, 2 en 3 (Voortrekkerwysie Ps. 38)
- Skriflesing (AFR2020): Jesaja 44: 6 – 28
Handelinge 17: 22 – 31
Romeine 8: 28 – 30
- Tema: Christus, die Beeld van die onsigbare God… (Kolossense 1: 15)
- Preek
- Sing Ps. 139: 1 en 12
- Gebed
- Kollekte
- Sing Ps. 89: 1, 3 en 6
- Slotseen
- Sing: AMEN