“Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.” (Johannes 14:1)
Die dissipels se harte was vol vrees en onsekerheid. Jesus praat van sy vertrek, van verraad en verloëning. Alles voel vir hulle asof dit uitmekaar val. Hulle verstaan nog nie waarom die Here moet weggaan nie. Maar juis in daardie oomblik spreek Jesus woorde van diepe troos.
Hy sê: “Laat julle hart nie ontsteld word nie.” Hierdie troos is nie bloot mooi woorde nie. Jesus weet presies wat voorlê: die kruis, lyding en die oordeel van God oor die sonde. Tog troos Hy sy dissipels omdat sy weggaan deel is van God se verlossingsplan.
Met Hemelvaart dink ons dikwels net daaraan dat Jesus weggegaan het. Maar Johannes 14 wys vir ons waarom Hy opgevaar het: Hy het gegaan om vir sy kinders plek gereed te maak in die huis van die Vader. Die opgevare Christus is nie ver en afwesig nie. Hy regeer as Koning, tree vir sy kerk in en berei die ewige woning van sy bruid voor.
Jesus gebruik die beeld van ’n bruidegom wat voorbereidings tref vir sy bruid. So wag Christus ook op die dag wanneer Hy sy kerk finaal na Hom toe sal neem. Daarom is Hemelvaart nie ’n dag van verlies nie, maar van hoop.
| Ontmoetingsdiens | 1. Votum en Seëngroet | Staan asb |
| 2. Psalm 48:1,4,en 5 | ||
| Versoenings-en verootmoedigingsdiens | ||
| 6. Gebed om die verligting van die Gees (Epiklese) | ||
| Woorddiens | ||
| 7. Psalm 24:1,2 en 4 | ||
| 8. Skriflesing | Johannes 13:31-14:19 | |
| 9. Belydenis | ||
| 10. Fokusverse | Johannes 14:1 en 6 | |
| TEMA | Waar Christus is, daar sal sy kerk ook wees! | |
| Liturgiese formuliere (Doop/Nagmaal/Bevestiging ens) | 12. | |
| Antwoorddiens | ||
| 13. Psalm 75:1,2,4 en 6 | ||
| 13. Gebed | ||
| Kollekte | ||
| 14. Psalm 47:1,3 en 4 | ||
| 15. Wegstuurseën | ||