| Wanneer Paulus vanuit die dodesel vir Timoteus skryf, pen hy van die mees dringende woorde moontlik vir sy jong medewerker neer. In 2 Timoteus 3 vind ons niks minder nie as Paulus se geestelike testament vir sy geestelike kind. Teen die agtergrond van ‘n bose tyd en bose mense, moet hierdie jongman staande bly en onverskrokke die woord verkondig. En omdat daar tekens vanuit beide die briewe aan Timoteus is dat hy sou wou tou opgooi, is dit des te belangriker dat hy opgeroep word om sy goeie pand te bewaar en nie in die geloof te verslap nie. Paulus doen dit deur hom te wys op wat vir hom nagelaat is – sy geestelike erfenis, die testament wat sy ‘pa’ hom nalaat. Dit is nie geld of aardse rykdom nie – dit is ‘n Skrifgefundeerde geloof wat hom onderrig, voed en troos. Dit is in hierdie erfenis wat hy opgevoed is, vandat hy ‘n baba was, en dit is hierdie rykdom wat hy moet groei en koester. Soos enige erflating wat ons hier op aarde ontvang, kan die waarde verminder wanneer dit aan onwaardige rentmeesters gegee word, maar kan dit groei as dit in die hande van hulle gelaat word wat met sorg dit vertroetel. Deur te bly by dit wat hy geleer het, kan hy die uitdagings van die dag die hoof bied en kan die verloregaande wêreld rondom hom sien dat die evangelie van Christus die waarheid is. Ontmoetingsdiens 1. Votum en Seëngroet STAAN ASB 2. Psalm 116:1,2,3,5 en 10 3. Geloofsbelydenis Nicéa Versoenings-en verootmoedigingsdiens 4. Die Wet van die Here Eksodus 20 (1953) 5. Psalm 13:1,3,5 6. Gebed om die verligting van die Gees (Epiklese) Woorddiens 7. Psalm 138:1 en 4 8. Skriflesing 2 Timoteus 3:1-17 9. Belydenis — 10. Fokusverse 2 Timoteus 3:14 en 15 Tema Ons erfenis is beter as aardse rykomd, dit is ‘n skrifgefundeerde geloof! Liturgiese formuliere (Doop/Nagmaal/Bevestiging ens) 11. Antwoorddiens 12. Psalm 16:1 en 3 13. Gebed Kollekte 14. Psalm 148:1 en 5 15. Wegstuurseën |