Dikwels kan die mens nie verstaan dat Christus alleen die verlossing vir ons volbring het
nie.
Baie mense verstaan hul verlossing verkeerd, en wil ‘n deel – of die geheel van hul
verlossing verdien. Dit volg dan dat mense dink hul afkoms, hul agtergrond, hul
onderhouding van die wet of allerlei ander voorwaardes waaraan hulle op hulle eie
voorwaardes voldoen; veroorsaak dat God nie ‘n keuse het as om hulle te verlos nie.
Ons praat hiervan as werkeheiliging.
Reg van die begin van die mensdom af is daar hierdie gedagtes en probeer mense hul
eie verlossing verdien.
Boonop is die gedagte dat sommiges verlos; en ander in hul toestand van verwerping
gelaat word, vir baie mense moeilik om te aanvaar – _veral omdat die Bybelse waarheid
nie ten volle aangegryp word nie. Dit voel vir hulle onregverdig, dit voel vir baie asof ‘n
onmoontlike standaar voorgehou word en niemand daaraan kan voldoen nie.
So hoor ons weer: jou afkoms het geen invloed op jou redding nie, ook nie jou
wetsonderhouding nie.
Christus alleen, geloof alleen.
Vandag kyk ons deur die bril van Romeine 9 na die uitverkiesing, en hoe dit onder geen
omstandighede onregverdig is nie, maar die grootste denkbare genade van ons
almagtige Vader.