Skip to content
Menu

Prediker: Ds. Jan-Louis Lee  |  Kerk: GK Waterkloofrand  |  Datum: 29 November 2026 om 17:30  |  ▶ Kyk op YouTube


Die hart is ‘n goeie metafoor vir ons geestelike toestand, omdat dit so ‘n belangrike orgaan in ons liggame is. Die hart is krities belangrik vir die lewe, dit weerspieël die gesondheidstoestand van ‘n persoon. Só word die hart dikwels in die Skrif gebruik om vir ons die geestelike toestand van ‘n persoon aan te dui.

Die verskriklike werklikheid wat in Esegiël 36 aan ons geopenbaar word is die feit dat ons menslike natuur eintlik dood is. Dit word konkreet aan ons verduidelik met die beeld van ‘n hart van klip. ‘n Hart wat nie bloed kan pomp nie, en nie lewe in stand kan hou nie. Daarom moet die Here ons harte in wese heeltemal verander, eintlik herskep – sodat ons nuut kan word en heilig kan leef. In wese praat ons van ‘n geestelike hartoorplanting. Hierdie hartoorplanting word aan ons verduidelik met die sakrament van die doop.

Die prediking omvat vanaand die volgende drie hoofpunte:

KLIPHARDE kliphart

God se genadige werking deur sy Gees

‘n Nuwe hart in ‘n nuwe lewe

Ons wil die vraag dus beantwoord: Het jy ‘n KLIP HART, of lewe jy in genade KLIPHARD voor die aangesig van die HERE?

Psalm 38:1,2,7 & 8

Psalm 9:1 & 7

Psalm 19:4 & 7

Psalm 18:1, 11 & 13