Skip to content
Menu

Die regstreekse uitsending kan hier verkry word.

Lees: Eksodus 19:1-8 en 1 Petrus 1:1-9 en 17-22.    Teks: 1 Petrus 1:2a   Sang: Sb. 1-2:1, 2, 3; Ps. 4:2, 3; Ps. 40:3, 5; Sb. 18-7:1, 10, 12; Ps. 33:6, 7.

Inleiding: Ons teksvers het drie sinne waarin verwys word na die drie Persone van die Drie-eenheid. Met hierdie drie sinne verwys Petrus ook na Eksodus 19-24. Ons wil vanoggend en vanaand aan die eerste twee sinne aandag gee.

God se uitverkiesing hou ingrypende gevolge vir God se verkorenes in.

God se uitverkiesing hou nie vir uitverkorenes net positiewe gevolge in nie.

  • Hulle wat God verkies het, word ‘vreemdelinge’ (1:1).
  • Hulle word ook mense van die ‘diaspora’ (1:1).

Die negatiewe gevolge verloop egter nie planloos nie.

  • God se verkiesing verloop volgens God se ‘voorkennis’ – God se ewige en doelgerigte plan (1:2).
  • Dit is God die Vader se plan (1:2).
  • In hierdie plan is Jesus Christus ook van ewigheid (vgl. ‘voorkennis’ in 1:20) ingesluit.
  • God se plan het in die ou bedeling vir Israel, maar ook vir “Israel” in die nuwe bedeling ingrypende betekenis.

God se ewige plan vertroos my en bemoedig my.

  • God se plan sluit sy magtige verlossingsdade
  • 19:4 ‘Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenare gedoen het,…’
  • 1 Petrus 1:3 ‘Dit is Hy wat ons in sy groot ontferming, deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood, opnuut verwek het,…’
  • God se plan behels ‘n erfenis met besondere eienskappe.
  • Eksodus 6:6-7 ‘Ek sal julle bring na die land, waaroor Ek my hand opgehef het om dit aan Abraham, aan Isak, en aan Jakob te gee, en Ek sal dit aan julle as eiendom gee. Ek is die Here.’ 
  • 1 Petrus 1:4 ‘…op ‘n erfenis wat nooit vergaan, besmet word of verwelk nie, en wat in die hemel vir julle in bewaring gehou word’.
  • Volgens God se plan word gelowiges self ook bewaar.
  • Eksodus 19:4b-c) ‘… hoe Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My gebring het’.
  • 1 Petrus 1:5a ‘… ja, vir julle wat, deur julle geloof, deur die krag van God bewaar word’.
  • God se plan loop uit op ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap.
  • 1 Petrus 1:5b ‘…bewaar word vir die verlossing wat gereed is om in die eindtyd geopenbaar te word’ en ‘ jubel julle met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap,…’ (1 Petrus 1:8c).
  • Lyding in God se plan is nie doellose lyding nie.
  • 1 Petrus 1:7 ‘Die doel was dat dit duidelik sou blyk dat die egtheid van julle geloof – ‘n egtheid wat baie kosbaarder is as goud, wat verganklik is, maar nogtans met vuur getoets word – uitloop op lof en heerlikheid en eer wanneer Jesus Christus geopenbaar word’.