Die regstreekse uitsending kan hier gevolg word.
Lees: Eksodus 19:1-13; 20:18-21 en 1 Petrus 1:1-9; 2:1-10. Teks: 1 Petrus. 1:2b. Sang: Ps. 98:3, 4; Ps. 43:3, 4; Ps. 118:7, 11, 14; Ps. 51:5, 6.
Deur die werk van die Gees loop die uitverkiesing volgens God se ewige plan op heiligmaking uit.
1. Hy wat uitverkies, is heilig. Skrikwekkend vir die sondaarmens!
- Eksodus 19:12 ‘Baken rondom die berg ‘n grens vir die volk af en sê vir hulle, “Wees versigtig dat julle nie teen die berg opklim, en selfs aan die voet daarvan raak nie. Elkeen wat aan die berg raak, moet beslis doodgemaak word”.
- Eksodus 19:16 ‘Op die derde dag, toe dit oggend word, was daar donderslae en weerlig en ‘n swaar wolk oor die berg, en ook die baie harde geluid van ‘n ramshoring. Die hele volk in die kamp het gebewe’.
- Hoe sal ‘n sondaarmens ooit in die Heilige se teenwoordigheid kan bly leef?
- God self maak sy uitverkorenes heilig.
- Eksodus 19:6b ‘Vir My sal julle … ‘n heilige nasie wees’.
- 1 Petrus 2:9 ‘Maar julle is … ’n heilige volk,..’
- Dit is deur die Heilige Gees dat God uitverkorenes heilig maak.
- 1 Petrus 1:2b Uitverkies volgens God se ewige plan ‘deur die heiligmaking van die Gees’.
- God bou ‘n geestelike huis waarin Hy, die Heilige kan woon.
- Hierdie huis kan net opgerig word omdat daar ‘n besondere hoeksteen
1 Petrus 2:6 ‘Kyk, Ek sit in Sion ‘n klip neer, ‘n hoeksteen, uitverkore en kosbaar.’ (vgl. ook Psalm 118:22).
- Hierdie Hoeksteen lewe al moes Hy die dood van on-heiliges sterf!
1 Petrus 2:4 ‘die lewende klip, … voor God uitverkore, en vir Hom kosbaar is’.
- Hulle wat deur die Heilige Gees na Hom kom, ontvang van Hom lewe. Hulle word lewende stene. Hulle word ‘n geestelike huis – ‘n huis waarin die Heilige woon.
1 Petrus 2:5 ‘… en laat julle as lewende klippe opbou tot ‘n geestelike huis.’
- Wie heilig gemaak is, sal ook heilig lewe.
- Heiliges vertoon deur die werk van die Gees die aard van die Heilige
- 1 Petrus 1:16 ‘Wees heilig, want Ek is heilig.’
- Die aard van die Heilige kom in die totale lewe van die heiliges na vore.
- 1 Petrus 1:15 ‘moet julle in julle hele lewenswandel heilig wees.’
- Heiliges sien uit na die dag wanneer hulle volmaak heilig sal leef
- 1 Petrus 1:13 ‘moet julle in julle hele lewenswandel heilig wees.’